Oktober Nuus
Mat.5:3 “Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is…
Hoewel ons gevoelens kom en gaan, gebeur dit nie met God se liefde vir ons nie en jou talente is God se geskenk aan jou, wat jy daarmee doen, is weer jou geskenk aan Hom!
Dit is Oktober!!! Dankie vir die blommeprag rondom ons Here!! Ek onthou nog so goed, toe ek aan my eerste skoolsang-item deelgeneem het, was die liedjie “Al die veld is vrolik al die voeëltjies sing, al die kriekies kriek daarbuit, elke sprinkaan spring…” My ma het my nog geleer om my woorde duidelik uit te spreek en om die liedjie te laat lewe!!! Vandag nog as dit Oktober raak, dan onthou ek nog ma se woorde en haar gesig van hoe die liedjie gesing moet word!
Ek het die volgende gelees: “Om voltyds ma te wees is een van die hoogs betaalde beroepe, want sien, die betaling is suiwer liefde…” Ons het nie spesiale dae nodig wat ons moet uitsonder vir ons ouers nie, kom ons ruim tydjies in vir hulle en laat ons dankbaarheid en liefde oorvloedig wees vir hulle! Dankie Jesus vir ouers, vir ons eie ouers, maar ook vir hulle wat ons geestelike ouers is – ons waardeer hulle so!!
Oktober is ‘n lekker feesmaand, en ek vertrou dat ons julle by die byeenkomste gaan sien, kom Loof en Prys die Here saam met ons en kom ons wees deel om ‘n verskil in ander se lewens te maak!! Kom ek en jy wees JESUS vir almal daarbuite!
Saterdag 8 Oktober 2011: Damesoggend in Robertson met Lindie Strydom(DKNT-Gospel) as Gasspreker en Lizette as Gaskunstenaar! Koop asb. vroegtydig jou kaartjie by Johan Mulder: 0828759730 of rig enige navrae oor die oggend by Chresna: 023-6262512 (MOENIE DIT MISLOOP NIE!!)
07-14 Oktober 2011 – Christusfees!!!!! 18h00-21h00 daagliks . Die REC Oudtshoorn
Verskeie kunstenaars: Onbeskaamd, Tiro, Riana Nel, All things new, Oom Karolus en Lente, Zamar, Ivan Siegelaar,Sima, Men of Praise, Basjan, Alan Ladd, Philipene, Freda Francis, Whole Hearted, Danie Botha, Louis Britz, Lizette Janse van Rensburg, Raymond Cilliers, Francois Louw, Leon Goosen. Sprekers: oa.: Danie Botha, Loius Britz, Izak Burger, Leon Goosen.
Kontakpersone vir algemene inligting : Lynette Marais – 082 393 1558 en Mandy Potgieter – 083 230 7342
Ek het al vir julle vertel van die Christusfees in Oudtshoorn, dit was ‘n belewenis en ek wil julle aankmoedig om dit hierdie jaar weer by te woon asb! Vir my en Jaco was dit ‘n Geestelike belewenis wat ons nie sommer sal vergeet nie! Ek onthou nog hoe dit gereën het buite elke aand en hoe mense in hulle massas gekom het met hulle sambrele om Eer en Lof aan God te bring! Dit was ‘n gesig wat ek nie sal vergeet nie!
“Healing Rain is coming down, coming nearer to this old town. Rich and poor, weak and strong, it’s bringing mercy to the lost and found. Tears of joy and tears of shame are washed forever in Jesus Name! So let it fall and take us higher, healing rain, I’m not afraid to be washed in Heaven’s rain. Lift your heads, let us return to the mercy seat, come soak this dry heart with healing rain. Only Jesus can take a leper and let him stand, so lift your hands, they can be hold by someone greater, the Great I AM” – (M.W. Smith) Dit was ons ervaring in Oudtshoorn!!! Kom geniet dit hierdie jaar saam met ons, ons sien uit om julle daar te sien!!!!!
17 Oktober 2011: Damesaand: PPK Grabouw om 18h30 Kontak Jane Nolan: 0797958960 vir navrae
23 Oktober 2011: Oggend en Aanddiens: NGK Audenberg Worcester – Navrae by kerkkantoor: 023-3421776
29 Oktober 2011: BAY FM Gospelfees in Despatch. Kontak Past. Killian by 0842506013 vir navrae.
Kom ons hardloop met volharding, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun….. laat dit ons inspireer om nie uit te sak en tou op te gooi nie! ( Hebr. 12)
Baie liefde
Lizette xxx
Posbus 463, Robertson, 6705
083 299 3838
mail@lizette.co.za
www.lizette.co.za
(Sien ook Lizette op Facebook!)
September 2011 – Nuus
‘n Enkele oomblik kan ‘n splintenuwe mens in ons laat ontwaak. Om te leef is om tree vir tree gebore te word! Laat jou hart lag en liefde gee elke oomblik van jou lewe!
Jesaja 45:18-19 Die Here sê: “Moenie vassteek by die verlede nie…. Let op! Ek gaan iets nuut laat gebeur. Dit het alreeds begin”
Dit is amper September, het jy al rondom jou gekyk? Sien jy die berge en lande, kyk na hul prag en praal, neem ‘n blom in albei jou hande O wie sal sy prys kan bepaal? Ware liefde deel mee, want dit is liefde wat gee, as die son ondergaan, sal Hy nog by jou staan, Ware liefde deel mee, want dit is liefde wat gee, gee Sy lewe vir jou Hy bly vir altyd getrou!! Mag ek en jy nie vassteek by gister nie, al was gister dalk nie lekker nie, kom ons kyk na vandag, want vandag gaan God iets nuuts doen! Dankie Jesus dat elke môre nuut is!!!
Dit is met groot dankbaarheid dat ek kan getuig dat ek regtig baie beter is en dat dit lekker is om weereens vrylik te kan asemhaal!!! Die versie, “Laat alles wat asem het die Here Loof”, het vir my totale nuwe betekenis gekry en ek dank die Here dat ons kan lewe en lewe in oorvloed geniet!
Ons gaan DV weer teen volgende week begin werk aan die cd en dankie vir julle gebede daarvoor! September is ‘n besige maand en dit is vir my ‘n voorreg om te gaan bedien en ek gee vir julle die datums deur indien julle van hierdie optredes wil bywoon! Ondersteun gerus hierdie byeenkomste en kontak hulle gerus vir enige inligting of kaartjies.
Baie dankie aan almal wat vir ons bid en dankie vir al julle ondersteuning, liefde, oproepe, sms’e, e-posse ens. Ons waardeer dit onsettend baie !!!
1 Sept. Kleinplasie Worcester: Kontak Joh-ne Poole – 021-888 5177
3 Sept. Lente-tee: NGK De Tyger om 9h30 en kaartjies beskikbaar by Petro of die Kerkkantoor:
Petro: 021-939 7860 of Kerkkantoor: 021-939 9482
3 Sept. Dames-tee: Lig en Lewe Sentrum om 15h00 in die Stadsaal te Paarl. Kaartjies en navrae:
Denmarie: 0731932233
3-4 Sept. KLEINMOND CHRISTUSFEES!!! Kontak asb. Vir Julita Kok: 0797164593
16 Sept. Damestee: AGS Vredendal om 19h00 te Diamantstraat 7 Vredendal. Kaartjies en navrae:
Annette Lubbe: 027-213 1959
23-25 Sept. AGS Robertson se Eeufeesviering naweek met Onbeskaamd en Dr Isak Burger. Navrae:
Dr Barbara Matthysen: 023-6261804 of 083 951 1867
Moenie dit misloop nie!!! Sien jou daar!!!
Ek sluit af met ‘n lied van dankbaarheid, uittreksel uit een van my nuwe liedjies: “God teken ‘n reënboog in die middel van die omweer en maak al die storms om jou stil, klim uit jou bootjie, hou jou oë net op Jesus en leer om op die water te kan loop, want dit is tyd om te leef, tyd om op te staan, tyd om weer die stukkies op te tel en aan te gaan, tyd om te vergewe, tyd om vry te spreek, tyd om weer ‘n Offer van Vreugde te maak…..
Loof die Here, want Hy is goed, aan Sy liefde is daar geen einde nie!!!
Kom ek en jy maak vandag ‘n Offer van Vreugde en Dankbaarheid aan ons Vader!
17 Augustus 2011 – Nuus
Ps. 107:1 Loof die Here, want Hy is goed, aan Sy liefde is daar geen einde nie!!!
Baie baie dankie aan almal van julle wat die afgelope tyd vir my gebid het, dankie vir sms’e, oproepe, e-posse en facebook-boodskappe, ons waardeer dit so opreg! Twee maande terug het alles met griep begin en ek het nogsteeds brongitis, maar is dankbaar om te kan getuig dat dit vandag met my baie beter gaan. Ek hoes nog baie, maar my kragte word elke dag sterker en daarom kan ek nie anders as om God te loof vir Sy goedheid en guns nie! Baie dankie ook aan Drs. Visser en Naude wat die afgelope maande my gehelp het en so baie dankie my dierbare man en kinders wat net nie ophou omgee nie! – Ek waardeer julle almal!
As gevolg van die siekte moes ek die cd-opnames staak, maar ek is opgewonde om te sê, ek raak nie moedeloos nie, die datum van uitreiking van die cd skuif net bietjie aan, ons hou julle op hoogte!!! Die DVD is wel klaar en baie mooi en is ook beskikbaar! – Baie dankie weereens aan Peter Nolan vir julle reuse bydrae tot hierdie DVD.
Die res van Augustus is ons bevoorreg om by die volgende plekke te kan bedien, kontak hulle gerus indien u enige verdere inligting sou verlang.
21 Aug. NGK Greyton – Oggenddiens – Navrae: Kerkkantoor: 028-2549855
21 Aug. NGK Helderstroom – Aanddiens – Navrae: Kerkkantoor: 028-2549855
27 Aug. Damesoggend – Simondium – Navrae: Ina Burger: 021-8742099
31 Aug. Damesoggend – Helderstroom Gevangenisdiens
Ek sluit af met ‘n lied van dankbaarheid, uittreksel uit een van my nuwe liedjies: “God teken ‘n reënboog in die middel van die omweer en maak al die storms om jou stil, klim uit jou bootjie, hou jou oë net op Jesus en leer om op die water te kan loop, want dit is tyd om te leef, tyd om op te staan, tyd om weer die stukkies op te tel en aan te gaan, tyd om te vergewe, tyd om vry te spreek, tyd om weer ‘n Offer van Vreugde te maak…..
Loof die Here, want Hy is goed, aan Sy liefde is daar geen einde nie!!!
Kom ek en jy maak vandag ‘n Offer van Vreugde en Dankbaarheid aan ons Vader!
Kruiskyk Onderhoud!
Môreoggend 11 Augustus 2011 om 6h30 op KRUISKYK, word die onderhoud met “LIZETTE” op die program OORVLOEDIGE LEWE uitgesaai aangebied deur Peter & Zelda Nolan en die program word Saterdagmiddag om 13h30 herhaal!
Oorvloedige Lewe word elke Donderdagoggend om 6h30 en Saterdagmiddag om 13h30 uitgesaai
Skakel gerus in op Kruiskyk, die stasie met die Goeie Nuus – dit sal vir elkeen van julle tot groot seën wees!
Baie dankie
Getuienis DVD!!!
Die nuwe GETUIENIS-DVD is klaar en is beskikbaar!!! Indien julle ‘n DVD wil bestel, is julle welkom om my te kontak by: 083 299 3838 of 023-626 4449 of julle kan vir my ‘n e-pos stuur na: mail@lizette.co.za
Baie dankie en mag hierdie DVD ook vir julle baie spesiaal wees!
Lukas 7:48 En Jesus se vir haar: Ek vergewe jou!!!
Nuwe CD Opnames!!!
Al die Lof en al die Eer kom U toe!
Al die Lof en al die Eer kom U toe, want U is Waardig, so Lofwaardig!
Junie-maand het met die Hartklop Christusfees afgeskop en wat ‘n fees was dit nie!
Ons wil graag ‘n briefie van dank uitstuur en ons wil hardop sing:
Thank you lord for your blessings on me!
2-5 Junie was die Hartklop Chriustusfees en ek is so dankbaar dat ek die geleentheid gehad het om deel te kon wees van hierdie fees! As ek aan ‘n Skrifgedeelte dink as ek aan die Bestuur en Organiseerders dink, dan kom Kolossense 3:11 uit my hart uit: HIER IS CHRISTUS ALLES EN IN ALMAL! Die van julle wat dit gemis het, kontak asb. Bertus Hayward vir 2012 se datum en gaan besoek hulle webblad: www.hartklopchristusfees.co.za
“Live” DVD Opname – 26 Junie 2011!
“Live” DVD-Opname Sondagoggend 26 Junie 2011 om 9h30 by die Logos Christen Gemeente in Bellville word ‘n “live” Sang en Getuienis DVD-opname gemaak. Die tema van die oggend is: GENADE ONBESKRYFLIK GROOT. Die Sangeres, Lizette Janse van Rensburg gaan haar getuienis deel en vertel hoe die Woord van God, Luk.7 “En Jesus sê vir haar, Ek vergewe jou” haar lewe verander het. Kom wees deel van hierdie spesiale DVD-opname. Hierdie oggend is vir oud en jonk – bring gerus jou familie en vriende saam. Daar sal ook CD’s beskikbaar wees na die diens. Kontak Lizette: 083 299 3838 vir enige navrae.
‘n Heerlike vol naweek . . .
Dit was ‘n heerlike vol naweek en ek sal graag net vir julle bietjie terugvoering wil gee rondom die afgelope naweke! Ons is laat Saterdag weg uit ‘n lekker warm Robertson, net om die koue Kaap tegemoet te gaan toe ons deur die Hugenot Tonnel is. Ons was so bevoorreg om weer by die “Monte Rosa House” te Brackenfell tuis te gaan, en is verwelkom deur Johan & Alta Kotze. (Onthou asb. om haar te skakel as jy dalk ‘n oornag-plekkie soek of sommer om net lekker te gaan vakansie hou – 082 445 4397)
Ons het al vir julle nuus gestuur oor die Damesoggend van 11 September 2010 te Logos Baptiste Kerk in Bellville, maar ons as gesin het sommer gou by die “hartklop” van hierdie damesoggend gaan kuier, dit is Truitjie van Rooyen! Was so ‘n groot voorreg om haar en haar man te ontmoet en ons wil julle regtig aanmoedig om hierdie besondere oggend by te woon. Die spreker vir die oggend is die bekende Gretha Wiid. Kontak asb. vir Truitjie by: 082 687 7588 – indien jy enige inligting benodig of as jy jou kaartjie wil koop om jou sitplek te verseker! Ek hoop ek sien julle almal daar! Kom ons as vroue gebruik ook hierdie oggend as ‘n tydjie in mekaar en Jesus se Teenwoordigheid om te groei en uit te reik na ander!
Sondagoggend was ons by die NG Kerk Kraaifontein-Noord en die boodskap en oproep was uit Jesaje 1 – Kom reinig julle! Kom laat ons die saak uitmaak……Jesus gee ons die geleentheid om ons hart te deursoek en te kyk of ons nog op die regte pad is! Wat gaan ek en jy met hierdie uitnodiging maak? Sondagaand was ons by NG Kerk Kraaifontein die Parke Gemeente. Die boodskap en oproep was uit Ps. 139 – God het ons wonderbaarlik aanmekaar geweef! Al gaan ons somtyds deur moeilike tye en voel ons dalk waardeloos, God se gedagtes is wonderlik oor ons, Hy is met al ons paaie so goed bekend! Jesus weet, van elke druppel seer, elke weer probeer en al ons vrae waarom ons bestaan? Weet jy, jy is deel van ‘n plan, dat jy eendag terug sal kyk en weet Jesus was nog altyd daar!
Maandagoggend was ek deel van die Vrouedag te Zevenwacht te Kuilsrivier (Diamante Ladies Club). Dit was ‘n heerlike oggend van bederf met onder andere Radio Tygerberg se Ivan Zwieglaar wat die Seremoniemeester was. Dit was vir my ‘n voorreg om die Redakteur van die LIG-tydskrif te ontmoet, asook Ivan Zimmerman (van Egoli). Ek het die voorreg gehad om te kon sing by hierdie geleentheid en ek dank die Here vir elke geleentheid om sodoende die Evangelie te kan verkondig deur sang en getuienis. (Gaan loer gerus op Facebook na die foto’s)
Woensdagaand het ons bedien by die VGK in Riviersonderend. Wat ‘n voorreg om te kon beleef hoe mense se lewens nuutgemaak is deur wedergeboorte! Bid asb. vir die mense wat keuses maak veral die wat kies om Jesus te volg en te dien! Saterdagoggend was ons by Huis Bliss te Wellington vir ‘n heerlike ma & dogter oggend! Die oproep was: My ma my maat? (Ek moes terugdink aan die eerste keer toe ek Danielle in my arms kon vashou – dit wat deur my gedagtes geflits het, Dankie Here dat sy volmaak geskape is en die belofte om haar groot te maak en lief te hê) Ek onthou nounog die Skrifgedeelte wat ek gelees het: Ps.16:6 – ‘n pragtige deel is vir my afgemeet, dit wat ek ontvang het is mooi! Kom ons as mammas koester ons kinders en familie!
Die res van die reisprogram lyk so:
19 Augustus Damesoggend Robertson (Flowers @ Work) (Maria – 082876 4716)
21 Augustus Damestee NGK Hopefield (Lucy – 084548 0858)
22 Augustus Oggenddiens AGS Gansbaai (Piet – 028-384 2475)
29 Augustus Oggenddiens PPK Grabouw (Izak – 08372 67261)
29 Augustus Aanddiens PPK Caledon (Past. Ettienne – 072308 0382)
Bly biddend vir ons en mag julle ook vashou aan Hebreers 10:23 – Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou, Hy doen wat Hy beloof het! Onthou julle die melaatse man – (Matt. 8:2 – 3) wat voor Jesus gekniel het en gevra het: Here as U wil kan u my genees? Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en se: EK WIL!! Hou vas aan die hoop – God is getrou! Vertel gerus jou storie van Hoop aan ander en as jy vir ons wil aanstuur, doen dit gerus! Stuur dit na: mail@lizette.co.za Gaan loer gerus op Facebook vir die foto’s! Julle is kosbaar en spesiaal vir Hom! Baie baie dankie vir al julle sms-e, e-posse en geselsies, ek waardeer dit regtig baie!
Liefde Lizette
Damesoggend – 11 September 2010
Hi Almal,
Net kortliks nog ‘n geleentheid waaroor ek baie opgewonde is. Op die 11de September 2010 bied Logos Christen Gemeente ‘n damesoggend aan met Gretha Wiid as gasspreker en ek is gevra om die lofprysing en aanbidding te hanteer gedurende die oggend. Kliek hier onder vir meer inligting rakende die geleentheid. Weereens is dit ‘n voorreg om so ‘n spesiale klomp mense rondom my te he wat kan saam bid en intree vir die persone wat bedien gaan word by die geleentheid.
Lizette